Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 13 SEPTEMBER 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag.

DIE MAANDELIKSE SARL JEUGNET VANMIDDAG

‘N NUWE 8 METER REKORD OPGESTEL

en

BESPREKING VIR DIE PRETORIA ARIA SLUIT WOENSDAG, BESPREEK NOU

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

Die maandelikse Jeugnet is geskeduleer om plaas te vind vanmiddag vanaf 16:00 Sentraal-Afrika Tyd op 7 070 kHz om sodoende die geleentheid vir ons jeug te gee om aktief op die lug met mekaar te kommunikeer asook jongmense wat belangstel in die stokperdjie om te deel in die betowering van amateur radio. Sluit aan by Koos, ZR6KF, wat sy wedervaringe van die IARU YOTA wat hy in Julie bygewoon het sal deel. Hy sal ook planne vir die Desember 2015 jeug maand en hoe om deel te neem aan die pret bespreek.


Klubs word aangemoedig om die geleentheid te gebruik om jong mense uit te nooi na hul klub om onder die toesig van 'n gelisensieerde klub lid aktief op die lug deel te neem. Tot op datum word hierdie maandelikse aktiwiteit nie goed ondersteun nie en veral van uit klubs word geen deelname waargeneem nie. Ons sien uit daarna om die jeug op die lug te hoor vanmiddag vanaf 16:00!

** Andre Botes, ZS2ACP, in Port Elizabeth het Willem Badenhorst, ZS6WAB, in Polokwane op 40,682 MHz FSK441 via meteor weerkaatsing op 6 August 2015 gewerk. Dit is ’n afstand van 1 184 km wat ’n nuwe Suid-Afrikaanse Radioliga asook wêreld rekord is. Ian Roberts, ZS6BTE, en Willem, ZS6WAB het die eerste ooit rekord opgestel op hierdie band oor ’n Tropo afstand van ongeveer 300 km.

Baie geluk aan Andre en Willem!

** Die volgende Amateur Radio in Aksie simposium vind plaas by die Innovation Hub in Pretoria op Saterdag 19 September. Volledige besonderhede is op die Liga se tuisblad met skakels na die program en besprekingsvorm. Die sluitingsdatum vir besprekings is Woensdag aand, 16 September. Moenie die amateur radio gebeurtenis van die jaar misloop nie. Die eerste geleentheid was gehou by die NARS verlede maand en het hoë lof ontvang van die deelnemers. Jy sal nie teleurgesteld wees nie.

** Die KLETSKOUS span maak goeie vordering. SA AMSAT berig dat die KLETSKOUS span groot vordering gedurende die afgelope paar weke gemaak het. Tans ondersoek die span 'n nuwe soort battery. Dit was beplan om Lithium ion te gebruik, maar een van die negatiewe punte van Lithium ion is dat dit termiese verliese ly, wat die risiko van brand verhoog. Maatskappye soos NEC, het 'n litium-yster battery met behulp van litium yster fosfaat (LiFePO4) as die kayoed materiaal ontwikkel. Oor die algemeen is anodes van die meeste batterye van koolstof gemaak. Veiligheid en betroubaarheid is die eerste bekommernis vir enige battery vir gebruik in 'n satelliet, daar dit nie mag oorverhit of brand as dit oorlaai word nie. Die Litium-yster battery het beter chemiese en termiese stabiliteit.

Die span is in die proses van die verkryging van litium yster batterye om toetse uit te voer. As daar besluit word om oor te skakel na litium yster, sal 'n paar veranderinge gemaak moet word aan die katode in die krag-eenheid, maar Fritz Sutherland, ZS6FS, sê dat dit nie 'n groot probleem is nie en sal die konstruksie van die volgende prototipe kragbron nie vertraag word nie.

Frik Wolff, ZS6FZ, het die uitleg van die sonpanele gefinaliseer en Hannes Coetzee, ZS6BZP, sal nou voortgaan om die sonselle op 'n toets bord te monteer, wat in 'n vakuum kamer getoets sal word. Werk is ook begin op die magnetiese stabilisering van Kletskous, wat bereik sal word deur die gebruik van ortogonale stok magnete. Frik ZS6FZ is tans besig met die projek en berig dat goeie vordering gemaak is en dat ‘n prototipe gereed is vir toets.

Werk op die “On Board Controller (OBC)” vorder ook goed. Die eerste twee prototipes is afgehandel. Brain McKenzie, ZS6BNM, werk nou saam met lede van die span om hul telemetrie punt vereistes en koppelvlakke te vestig.

Nico van Rensburg, ZS6QL, is besig met die spesifikasies en konfigurasie bestuur en het reeds 'n eerste konsep beskikbaar gestel. Die span vergader via Skype op 'n twee weeklikse basis om vordering te bespreek en beplanning van die volgende stappe te doen.

Befondsing bly 'n groot uitdaging. Radio Amateurs word aangemoedig om die plaaslike CubeSat program te ondersteun deur 'n donasie te maak aan die SA AMSAT CubeSat boufonds. Skenkers word erken op die SA AMSAT webwerf by www.amasatsa.org.za.

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

Die Hammies ARK het nuwe vriende in die VSA gemaak. Saterdagaand 5 September om 20:00 SAT, het die Hammies hulself bekend gestel aan ander jong amateurs in Menominee, Wisconsin VSA. Die Hammies het gebruik gemaak van selfoon tegnologie en Echo-link, node W8PIF-R, om hierdie lang afstand kommunikasie te bereik. Hierdie geleentheid is moontlik gemaak deur Andries Visagie, ZS6VL wat Noel Hammond, ZR6DX, die voorsitter van die Hammies Amateurradioklub, bekendgestel het aan Ed Engleman, KG8CX. Ed is 'n mede-stigter, tesame met James Pearson, KS8O, van 'n groep jong mense wat hulself “Young Amateurs Communications Ham Team” noem, ook bekend onder die akroniem, YACHT. Hul roepsein is K8KDZ, en is reeds sedert 2007 aan die gang. Die YACHT slagspreuk is “Connecting Young Hams, Creating Friendships, Promoting Ham Radio.” Die webwerf-adres is www.yachthams.webstarts.com/about.html.

Daar was baie opwinding van beide groepe soos hulle name en roepseine uitgeruil het. Daar word gehoop dat hierdie kontakte op 'n gereelde basis in die toekoms gemaak sal word.

** Die lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is tans 1 472 lede en 38 geaffilieerde klubs

** Die tweede been van die Suid-Afrikaanse Radioliga BHF/UHF Analoog en Digitale kompetisie vind plaas vanaf 10:00 UTC op Saterdag 19 September tot 10:00 UTC op Sondag 20 September 2015 met FM en ESB foon, gelykgolf en digitale werking op 6, 4 en 2 meter, 70 cm, 23 cm en hoër.

Jy kan deelneem as 'n basisstasie, 'n veldstasie, 'n klub ,multi operateurstasie of 'n 4 uur beperkte kategorie stasie, wat verder verdeel kan word in onbeperkte - beide analoog en digitale of Beperkte A - slegs analoog of Beperkte D - slegs digitale stasie.

Kontakte moet tweerigting wees en stasies moet 'n sein verslag sowel as hul ses-syfer Maidenhead ruitblok. Self-spotting word toegelaat. Logstate moet teen middernag op 28 September 2015 per e-pos aan contest@sarl.org.za ingedien word. Die volledige stel reëls is beskikbaar in die 2015 Kompetisie handleiding (Blue Book) wat afgelaai kan word vanaf die ‘Contest’ bladsy op die Liga se webwerf.

** Die voorlopige uitslae van die Suid-Afrikaanse Radioliga HF Gelykgolf kompetisie gehou op Sondag 30 Augustus 2015 is vrygestel. Die komitee het 15 logstate en 1 kontrolelog ontvang.

Roger Jones, ZS6RJ, neem die louere met 332 punte, gevolg deur Joop Hesp, ZS6JP op 144 punte, Pierre van Deventer, ZS6A op 136 punte en Hans Kappetijn, ZS6KR op 124 punte

Roger, ZS6RJ, het die hoogste telling op 'n enkele band gemaak met 294 punte op 20 meter.

In die klub kompetisie, neem die Wes-Rand ARK die eerste plek met 476 punte, gevolg deur die Old Goats Amateurradiogroep op 136 punte en die Pretoria ARK op 124 punte

Baie geluk aan Roger en die Wes-Rand ARK. Die volledige stel uitslae is beskikbaar in HF Happenings 671 en op die ‘Contest’ bladsy op die Liga se webwerf.

** Sewe en vyftig logstate is ontvang vir die drie HF Kompetisies gehou in Augustus. Vanaf die logs is vasgestel dat 2 340 QSOs gemaak is - 1 710 op foon, 141 op digitaal en 489 op gelykgolf. Vier van die logstate het gekom van DX stasies. Geen multi-operateur stasies het deelgeneem.

Eerste plek gaan aan Roger Jones, ZS6RJ met 498 punte met Hans Kapetijn, ZS6KR, in die tweede plek met 268 punte. Bruce Dunn, ZS5XT, volg hulle met 181 punte, dan Joop Hesp, ZS6JP met 144 punte en Pam Momberg, ZS6APT met 140 punte.

In die klub kompetisie het die amateurs van die Wesrand ARK ’n groot poging ingesit en kom bo uit met 1 011 punte. In die tweede plek, is die Pretoria ARK met 536 punte gevolg deur die Centurion ARK met 307 punte en die Highway ARK met 181 punte.

Baie geluk aan Roger en die Wesrand ARC. Die volledige stel uitslae is beskikbaar in HF Happenings 672 en op die ‘Contest’ bladsy op die Liga se webwerf.

** Voortplanting verslag, Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke het eenvoudige magnetiese samestellings met bykans geen kans vir sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 43 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag met die 10 m wat ook vol verassings kan wees. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

En nou vir die dagboek van gebeure

Vandag om 16:00 die maandelikse Jeug Net op 7 070 kHz
16 September - sluitingsdatum vir die Pretoria ARiA besprekings
19 September - Amateur Radio in Aksie, Pretoria
19 en 20 September - die SARL BHF/UHF analoog en digitaal kompetisie
26 en 27 September - die CQ WW RTD kompetisie
28 September - sluitingsdatum vir Nasionale Velddag logstate
1 Oktober - die SARL 80 m QSO Geselligheid
3 Oktober - die SARL Lente QRP Kompetisie

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Die maandelikse Jeugnet vind plaas vanmiddag vanaf 16:00 Sentraal-Afrika Tyd op 7 070 kHz om sodoende die geleentheid vir ons jeug te gee om aktief op die lug met mekaar te kommunikeer asook jongmense wat belangstel in die stokperdjie om te deel in die betowering van amateur radio. Sluit aan by Koos, ZR6KF, wat sy wedervaringe van die IARU YOTA wat hy in Julie bygewoon het sal deel. Hy sal ook planne vir die Desember 2015 jeug maand en hoe om deel te neem aan die pret bespreek.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

73's en dankie vir die luister

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003